AKSIE KORFBAL SUID-AFRIKA
GRONDWET
INHOUD
1. NAAM
2. DOEL
3. LIDMAATSKAP
3.1 ALGEMENE LIDMAATSKAP
3.2 ERE LIDMATSKAP
4. MAGTE
5. VRYWARING
6. FINANSIEëLE JAAR
7.
AKSA VERGADERING7.1 SAMESTELLING VAN ALGEMENE VERGADERINGS ALGEMENE VERGADERINGS
7.2 SPESIALE ALGEMENE VERGADERINGS
7.3 KENNISGEWING VAN VERGADERINGS
7.4 AGENDA VIR ALGEMENE JAAR VERGADERING
7.5 AGENDA VAN TWEEJAARLIKSE ALGEMENE JAARVERGADERING
7.6 AGENDA VAN HALFJAARLIKSE ALGEMENE JAARVERGADERING
7.7 VOORSITTER VAN VERGADERINGS
7.8 KWORUM
7.9 STEMMERY TYDENS VERGADERINGS
7.10 GESKREWE RESOLUSIES
8. UITVOERENDE BESTUUR
8.1 SAMESTELLING
8.2 AKTIWITEITE EN PLIGTE - 1 -
9. BESKERMHERE
10. KLEURE EN EMBLEME
10.1 KLEURE
10.2 EMBLEME
11. KEURKOMMITEES
12. VERENIGINGS
13. KOMMITEES
14. APPéLRAAD
14.1 SAMESTELLING
14.2 AKTIWITEITE
15. DISPUUT RESOLUSIES
16. ALGEMENE SAKE
16.1
REGULASIES16.2 ONTBINDING
16.3 WYSIGINGS AAN DIE GRONDWET
GRONDWET
1. NAAM
Die naam van die liggaam sal wees AKSIE KORFBAL SUID-AFRIKA, hierna genoem AKSA.
2. DOEL
Die doel van AKSA sal wees:
2.1 Affiliasie tot erkende Nasionale en Internasionale Beheerliggame
2.2 Promosie van Aksie Korfbal as n sport onder alle inwoners van Suid-Afrika
2.3 Poog om Aksie korfbal uit te brei binne Skole, Universiteite, Kolleges en Provinsiale liggame.
2.4 Die beskerming en uitbreiding, as n prioriteit, van die belange van spelers binne Aksie Korfbal.
2.5 Verkryging en aanwending van fondse tot voordeel van AKSA.
2.6 Te verseker dat die verbod op die gebruik van steroide, stimulante asook medikasies, soos gedefinieer deur die Mediese Raad van die Internasionale Olimpiese Kommitee, toegepas word.
2.7 Te verseker dat geen diskriminasie op grond van kleur, geslag, geloof asook politieke assosiasie plaasvind binne Aksie Korfbal nie.
3. LIDMAATSKAP
3.1 ALGEMENE LIDMAATSKAP
3.1.1 Lidmaatskap van AKSA, vir die volgende liggame, kan verkry word by wyse van affiliasie:
3.1.1.1 Alle Provinsiale Aksie Korfbal liggame.
3.1.1.2 AKSA Afrigters Vereniging
3.1.1.3 AKSA Skeidsregters Vereniging
3.1.1.4 AKSA Skole Vereniging
3.1.1.5 AKSA Studente Vereniging
3.1.1.6 AKSA Spelers Vereniging
3.1.1.7 Enige ander Vereniging of Liggaam, wat volgens die mening van die Uitvoerende Bestuur , die doelwitte van AKSA kan bevorder.
GRONDWET
3.1.1.8 Lidmaatskap, anders dan erelidmaatskap, word verkry na aansoek en goedkeuring van die Uitvoerende Bestuur. Bewys van goedkeuring word gelewer tydens die daaropvolgende Algemene Vergadering. Dokumentasie, soos voorgeskryf in die Regulasies, sowel as betaling van die voorgeskrewe fooie, moet die aansoek vergesel. Verenigings word vrygestel van affiliasie fooie.
3.1.2 In geval van n onsuksesvolle aansoek moet fooie terugbetaal word en mag die aansoeker weer heraansoek doen na verloop van 6 maande en wel vanaf datum van afkeuring.
3.1.3 Persone wat deur die Uitvoerende Bestuur onbevoeg bevind word tot lidmaatskap mag onder geen omstandighede betrokke wees binne Aksie Korfbal of enige beheerliggaam binne AKSA nie.
3.1.4 Provinsiale liggame wat om lidmaatskap aansoek doen moet bestaan uit ten minste vier (4) klubs elk met ten minste twintig (20) spelers per klub en moet gesetel wees binne die voorafbepaalde grense soos voorgeskryf deur die Algemene Jaarvergadering en gedefinieer in die Regulasies.
3.2 ERELIDMAATSKAP
3.2.1 Erelidmaatskap word toegeken deur die Uitvoerende Bestuur na aanbeveling van n Provinsiale
liggaam.
3.2.2 Ere lede sal geregtig wees op voordele soos deur die Uitvoerende Bestuur bepaal.
3.2.3 Die Uitvoerende Bestuur mag ere lidmaatskap beeindig na aanleiding van grondige redes.
4. MAGTE.
Alle AKSA aangeleenthede word deur die Uitvoerende Bestuur gekoordineer en geadministreer
waarna verslag aan die Algemene Vergadering gelewer word
Om die doelstellings van AKSA te verwesenlik word die Uitvoerende Bestuur die volgende
magte verleen:
4.1 Om afgevaardigdes en verteenwoordigers aan te wys in ooreenstemming met die voorwaardes
van liggame soos genoem in klousule 2.1.
4.2 Om die spelrëels, soos neergele deur die AKSA beheer liggaam, af te dwing.
4.3 Om rëels en regulasies te verbeter en verander, en om Aksie Korfbal te koordineer en te
administreer, op voorwaarde van goedkeuring van die Algemene Vergadering.
4.4 Om die formaat van die verskillende kompetisies te formuleer, beheer en te verander.
GRONDWET
4.5 Om die kondisies vir nasionale en internasionale toere te bepaal, te rëel en goed te keur.
4.6 Om vaste en ander bates van watter aard ookal te verkry, te vervreem, te verpand, te huur
en om wettiglik handel te dryf met diesulke bates.
4.7 Om AKSA fondse na goeddenke te infesteer.
4.8 Om, volgens die diskressie van en ooreenkomstig die voorwaardes soos deur die Uitvoerende
Bestuur bepaal, lenings aan te gaan en lenings toetestaan aan Provinsiale liggame en
Verenigings en lenings te verseker bywyse van verbande of enige ander vorm van sekuriteit.
4.9 Om, na goeddenke, beurse en donasies goed te keur tot voordeel van Aksie Korfbal.
4.10 Om enige wetlike besigheid in die belang van AKSA te administreer.
4.11 Om die eiendom van AKSA te verseker en om versekering te bekom om AKSA teen enige eise
te vrywaar.
4.12 Om fondsinsamelings projekte sowel as toegangsgelde te implementeer vir befondsing.
4.13 Om kontrakte aan te gaan om die regte van fotografie, video opname, televisie en radio van
enige wedstryd te verpand ten einde kommisie en of befondsing te verkry.
4.14 Om ooreenkomstig klousule 15 van die Regulasies, betreffende dissiplinere sake, op te tree.
4.15 Om appel sake teen uitsprake van sy lede, uitgesluit skorsings en dispute waarby UB lede
betrokke is en wat direk na die Appelraad verwys word, aan te hoor.
4.16 Om, te enige tyd, te vereis van n liggaam geaffilieer by AKSA, inligting aangaande finansieele
state en notules en waar gevind word foutiewelik tot verantwoording geroep word die liggaam
en of enige beampte.
4.17 Om Aksie Korfbal op alle vlakke binne Suid-Afrika te administreer en te koordineer.
4.18 Om behulpsaam en ondersteunend te wees tot die behoud van enige fassiliteit tot bevordering
van Aksie Korfbal.
4.19 Om enige regsaksie in te stel ten einde die doelwitte van AKSA te verseker.
4.20 Om ontwikkelings programme te implementeer.
4.21 Om Provinsiale grense te bepaal.
GRONDWET
5. VRYWARING.
5.1 AKSA sal n regspersoonlikheid hê en sal funksioneer onder die regswette van Suid-Afrika.
5.2 Elke Uitvoerende Bestuurslid van AKSA sal gevrywaar word deur AKSA teen alle kostes, verliese en uitgawes wat hy mag aangaan of waarvoor hy verantwoordbaar word wat mag ontstaan het uit gronde van sy optrede ten uitvoering van sy pligte, tensy die verlies onder verdenking, ontstaan het deur toedoen van sy eie nalatigheid, oneerlikheid of kwade trou.
5.3 Uitvoerende Bestuurslede van AKSA sal gevrywaar word deur AKSA teen finansieele verlies wat mag voortspruit uit regsaksies, van watter aard ookal, ingestel teen AKSA of die lid van die Uitvoerende Bestuur in sy verteenwoordigende hoedanigheid, met voorwaarde dat die
vrywaring nie sal geskied waar privaat regsaksies buite die werksveld van AKSA teen die lid
van die Uitvoerende Bestuur ingestel word nie.
6. FINANSIEëLE JAAR.
6.1 Die finansieële jaar van AKSA sal wees van 16 Augustus vir een jaar tot 15 Augustus van die opvolgende jaar.
7. AKSA VERGADERINGS
7.1 SAMESTELLING VAN ALGEMENE VERGADERINGS.
7.1.1 Halfjaarlikse Algemene Vergaderings, Algemene Jaar Vergaderings en Spesiale Algemene Vergaderings van AKSA sal bestaan uit die volgende lede, elk met n stem nadat voldoen is aan die klousules soos vervat in die Regulasies.
7.1.1.1 President
7.1.1.2 Drie verteenwoordigers van elke geaffillieerde unie.
7.1.1.3 Vier verteenwoordigers van die AKSA Skole Vereniging met dienverstande dat twee verteenwoordigers die laerskole en twee die hoerskole sal verteenwoordig.
7.1.1.4 Twee verteenwoordigers van elke geaffillieerde Vereniging soos bepaal in klousule 3.1 van die Grondwet.
7.1.2 Verteenwoordigers moet, voor aanvang van die vergadering, geloofsbriewe wat onderteken is deur n gemagtigde persoon, aan die Sekretaris Generaal oorhandig.
7.1.3 Alle verteenwoordigers met n stem moet geregistreer wees by hul Provinsiale Ligaam.
7.1.4 Die Algemene Vergadering is die hoogste gesag.
GRONDWET
7.2 ALGEMENE VERGADERINGS
7.2.1 Twee Algemene Vergaderings sal jaarliks gehou word naamlik, die Halfjaarlikse Algemene Vergadering en die Algemene Jaar Vergadering, voor 1 Desember.
7.2.2 Die datum, tyd en plek van elke Algemene Vergadering sal deur die Uitvoerende Bestuur bepaal word. Dit is die verantwoordelikheid van die Sekretaris Generaal om die kennisgewing skriftelik aan al die lede ten minste 45 dae voor die datum van die vergadering oor te dra.
7.2.3 Lede van AKSA moet die Sekretaris Generaal ten minste 45 dae voor die vergadering in kennis stel van besprekingspunte, waarna die Sekretaris Generaal alle lede in kennis sal stel van besprekings punte.
7.2.4 Die agenda vir die opkomende Algemene Vergadering moet aan Provinsiale liggame en Verenigings gesirkuleer word ten minste 21 dae voor die vergadering.
7.2.5
7.3 SPESIALE ALGEMENE VERGADERINGS.
7.3.1 Spesiale Algemene Vergaderings moet deur die Uitvoerende Bestuur byeengeroep word in die volgende gevalle:
7.3.1.1 n Geskrewe versoek van 1/3 (een derde) van die Uitvoerende Bestuur.
7.3.1.2 n Geskrewe versoek van ten minste 1/3 (een derde) van die geaffillieerde Provinsiale liggame en Verenigings van AKSA.
7.3.2 Die versoek moet die volgende inligting vervat, die rede sowel as die saak ter bespreking, en moet binne 21 dae na aflloop van die gebeurtenis of insident en/of vergadering onder dispuut, ingedien word.
7.3.3 Die vergadering aan gevra moet byeen geroep word binne 21(een en twintig) na ontvangs van die geskrewe versoek.
7.3.4 Kennis van die doel van die Spesiale Algemene Vergadering moet deur die Sekretaris Generaal aan al die lede van AKSA gegee word ten minste 14 (veertien) dae voor die vergadering waarin die tyd, datum en plek verstrek word.
7.3.5 Geen ander saak, anders as die saak versoek, sal bespreek word op die Spesiale Algemene Vergadering nie.
GRONDWET
7.4 KENNISGEWING VAN VERGADERINGS.
7.4.1 Nieteenstaande die vereistes vervat hierin moet die kennisgewing die tyd, datum en plek van vergadering bevat.
7.4.2 In die geval van die Algemene Jaar Vergadering moet die kennisgewing die volgende bevat:
7.4.2.1 Geouditeerde Finansieele State.
7.4.2.2 Jaarverslag.
7.4.2.3 Notules van die vorige Algemene en Spesiale Algemene Vergaderings.
7.4.2.4 Agenda.
7.4.2.5 Lys van besprekingspunte.
7.4 3 Kennis moet aan die Uitvoerende Bestuur, Provinsiale Liggame en Verenigings geaffillieer by
AKSA gegee word op n wyse soos voorgeskryf.
7.5 AGENDA VAN ALGEMENE JAAR VERGADERING.
Die pligte van die Algemene Jaar Vergaderings is as volg:
7.5.1 Om die notule van die die vorige Halfjaarlikse en Spesiale Algemene Vergaderings te bespreek en goed te keur.
7.5.2 Om die jaarverslag van die Uitvoerende Bestuur te ontvang, te bespreek en goed te keur.
7.5.3 Om die Finansieele state van die jaar geeindig 15 Augustus,te ontvang, te bespreek en goed te keur.
7.5.4 Om alle sake waarvoor kennis gegee is af te handel.
7.5.5 Om alle sake wat dringend is en waarvoor die volledige vergadering benodig word en magte het om te bespreek, af te handel.
7.5.6 Om onafhanklike ouditeure aan te stel.
7.5.7 Om keurkommitees, soos omskryf in die Regulasies, te verkies.
GRONDWET
7.6 AGENDA VAN TWEEJAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING.
Die pligte van die Tweejaarlikse Algemene Vergaderings is as volg:
7.6.1 Pligte soos omskryf in klousule 7.5.1 en 7.5.5
7.6.2 Om lede van die Uitvoerende Bestuur te verkies.
7.6.3 Om lede van die Keurkommitees te verkies.
7.7 AGENDA VAN HALFJAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING.
Die pligte van die Halfjaarlikse Algemene Vergadering is as volg:
7.7.1 Om die notules, van die vorige Tweejaarlikse Algemene Vergadering en enige Spesiale Algemene Vergadering, te bespreek en goed te keur.
7.7.2 Enige punte te bespreek waarvoor kennis gegee is.
7.8 VOORSITTER VAN VERGADERINGS.
7.8.1 Die President van die Uitvoerende Bestuur , en in sy afwesigheid die Visie-President, sal optree as Voorsitter tydens Algemene Vergaderings en Bestuursvergaderings.
7.8.2 In die geval waar geen voorsitter teenwoordig is nie of waar die voorsitter nie na 15 minute teenwoordig is nie, na afloop van tyd soos aangedui in kennisgewing, sal die lede teenwoordig n voorsitter vanuit hul geledere aanwys.
7.9 KWORUM.
7.9.1 n Kworum vir alle Algemene en Spesiale Algemene Vergaderings sal bestaan uit die helfte (50%) plus een van die verteenwoordigers van die geaffillieerde Provinsiale liggame en Verenigings en moet volgehou word vir die duur van die vergadering.
7.9.2 n Kworum vir Uitvoerende Bestuursvergaderings sal bestaan uit die helfte plus een van die lede en moet teenwoordig wees.
7.9.3 Indien geen kworum aanwesig is na afloop van n halfuur van die bepaalde aanvangstyd soos per kennisgewing, sal die vergadering verdaag en sal n nuwe kennisgewing aan al die betrokke partye gelewer word van n nuwe vergadering wat gehou sal word nie en nie binne sewe dae en nie later dan veertien dae na die verdaging.
GRONDWET
7.10 STEMMERY TYDENS VERGADERINGS.
7.10.1 Alle voorstelle en nominasies moet gesekondeer word deur n verteenwoordiger van n ander Provinsiale liggaam of n geaffillieerde Vereniging.
7.10.2 Tydens Algemene Vergaderings sal gestem word by wyse van hand opsteek behalwe waar die Voorsitter bepaal of waar n stemgeregtigde aandring dat daar van stembriewe gebruik gemaak moet word.Stemmery vir persone word altyd per stembrief gedoen.
7.10.3 Die bekendmaking van die uitslag van stemming per hand, deur die Voorsitter, asook die notulering daarvan sal as genoeg bewys dien van die korrekteheid van die stemming.
7.10.4 Indien van stembriewe gebruik gemaak word sal die voorsitter persone aanwys wat as stemopnemers sal optree. Die telling ontvang vanaf die stemopnemers en bekend gemaak deur die Voorsitter sal aanvaar word as die uitslag. Stemnbriewe sal egter vir alle stemgeregtigdes beskikbaar wees vir inspeksie.
7.10.5 n Gewone meerderheid sal voldoende wees wanneer vir n persoon of persone gestem word.
7.10.6 Alle besluite geneem met n gewone meerderheid sal bindend wees tensy spesifiek deur die grondwet anders voorgeskryf word.
7.10.7 In die geval van n staking van stemme, hetsy deur opsteek van hande of per stembrief, sal die Voorsitter n beslissende stem uitbring.
7.10.8 Slegs persone wat teenwoordig is en stemgeregtig is mag stem, behalwe tydens die verkiesing van die Uitvoerende Bestuur waar Volmag stemme toegelaat sal word.Volmag stemme moet voor aanvang van die vergadering by die Voorsitter ingehandig word, behoorlik onderteken deur die Voorsitter en Sekretaresse van die Provinsiale liggaam of Vereniging.
7.11 GESKREWE RESOLUSIE.
n Geskrewe resolusie, behoorlik onderteken deur alle lede wat geregtig is op n kennisgewing
van n Algemene Vergadering en wat stemgeregtig is, sal bindend wees asof die besluit geneem
is tydens n Algemene Jaarvergadering wat uitgeroep en gehou is.
8. UITVOERENDE BESTUUR.
8.1 SAMESTELLING.
8.1.1 Die Uitvoerende Bestuur word verkies vir n ampstermyn van twee (2) jaar, met n maksimum
van twee (2) lede per Provinsiale liggaam en sal bestaan uit die volgende lede:
GRONDWET
8.1.1.1 President
8.1.1.2 Visie-President
8.1.1.3 Sekretaris-Generaal
8.1.1.4 Hulp-Sekretaris
8.1.1.5 Tesourier
8.1.1.6 Drie (3) lede van die Provinsiale liggame.
8.1.1.7 Die Voorsitter van Geaffillieerde Verenigings.
8.1.2 Die persone genomineer, ingesluit die President, vir die Uitvoerend Bestuur moet die onder-
steuning van hul eie sowel as een ander Provinsiale liggaam of Vereniging verkry.
8.1.3 Die Dagbestuur bestaande uit vyf (5) Uitvoerende Bestuurslede sal aangewys word deur die
Uitvoerende Bestuur om dringende sake te hanteer op n dag tot dag basis.Terugvoer moet egter op die volgende Uitvoerende Bestuursvergadering gegee word.
8.1.4 Die Uitvoerende Bestuur wys vanuit sy geledere persone aan vir spesifieke portefuljes in oor-
eenstemming met die Regulasies, klousule 8.
8.2 AKTIWITEITE EN PLIGTE.
Die Uitvoerende Bestuur bestuur AKSA.
8.2.1 Die Uitvoerende Bestuur sal ten minste vier (4) keer per jaar of op versoek van die President of
of twee (2) lede van die Uitvoerende Bestuur, vergader. Besluite sal volgens n gewone meerderheid wees.In geval van staking van stemme sal die Voorsitter die beslissende stem he.
8.2.2 Die aktiwiteite van AKSA sal deur die Uitvoerende Bestuur, wat die volmag daartoe het,
namens die Algemene Vergadering uitgevoer word, maar steeds binne die voorskrifte van die Grondwet en voorskriftelike Regulasies soos omskryf deur die Algemene Vergadering.
8.2.3 Alle tjeks, rekeninge, en ander onderhandelbare dokumente sowel as alle kwitansies van gelde
aan AKSA betaal sal onderteken, aanvaar en geendoseer of andersins hanteer word afhangende van die omstandighede, op n wyse deur die Uitvoerende Bestuur bepaal.
8.2.4 Die boekhouding van AKSA moet in veilige bewaring gehou word op n plek soos deur die
Uitvoerende Bestuur bepaal en moet te alle tye beskikbaar wees vir die Uitvoerende Bestuur
vir bestudering.
GRONDWET
8.2.5 Die Uitvoerende Bestuur moet rekords byhou van die die Uitvoerende Bestuur, Komitee lede
van AKSA en Komitee lede van Verenigings asook besluite en aksies geneem tydens ver-
gaderings van AKSA en die Uitvoerende Bestuur.
8.2.6 Die Uitvoerende Bestuur moet verseker dat alle korrespondensie, verslae en dokumentasie
veilig en in goeie kondisie bewaar word.
8.2.7 Die Uitvoerende Bestuur magtig betaling van vervoer en akkommodasie uitgawes asook
Honararuims aan persone wat in opdrag van die Uitvoerende Bestuur opgetree het.
8.2.8 Die Uitvoerende Bestuur moet sy aktiwiteire rapporteer en n Jaarverslag asook Finansieele
verslag aan die Algemene Jaarvergadering voorle vir goedkeuring.
8.2.9 Die Uitvoerende Bestuur sal ko-optasies doen van vakante poste op die Uitvoerende Bestuur
wat mag ontstaan tydens sy termyn van diens as gevolg van skriftelike bedankings of afwesig-
heid sonder verskoning van drie agtereenvolgende vergaderings op voorwaarde van goedkeur-
ing deur die Algemene Jaarvergadering. In die geval van minder as n kworum van die oor-
blywende verkose lede teenwoordig sal n Spesiale Jaarvergadering belê moet word.
8.2.10 Die Uitvoerende Bestuur moet , waar nodig, keurders ko-opteer waar vakante poste deur die
jaar mag ontstaan as gevolg van skriftelike bedankings of enige ander rede.
8.2.11 Die Uitvoerende Bestuur doen aanbevelings aan die Algemene Jaarvergadering oor sake
rakende spesiale toekennings soos erekleure en ander sport toekennings.
8.2.12 Die Uitvoerende Bestuur stel komitees aan soos benodig en voorsien hulle van hul pligte.
8.2.13 Die Uitvoerende Bestuur wys jaarliks Spanbestuurders vir AKSA spanne aan in ooreenstem-
ming met klousule 6.2 van die Regulasies.
8.2.14 Die Uitvoerende Bestuur keur skeidsregters en afrigters goed wat verkies word om AKSA te
verteenwoordig.
8.2.15 Die Uitvoerende Bestuur moet verseker, waar moontlik, dat een van sy lede die Algemene
Jaarvergadering van Provinsiale liggame en geaffillieerde Verenigings bywoon.
9. BESKERMHERE.
9.1 Beskermhere word aangestel deur die Halfjaarlikse Algemene Vergadering.
9.2 Die pligte van die beskermhere is as volg:
9.2.1 Tree op as lede van die Appel Raad
GRONDWET
9.2.2 Tree op wanneer Algemene Vergadering besluite nie uitgevoer word nie, met n verslag na die
President.
9.2.3 Tree op wanneer die Grondwet en Regulasies oortree word, met n verslag na die President.
9.3 Die Raad van beskermhere sal bestaan uit n maksimum van vyf (5) lede.
9.4 Die dienste van n beskermheer kan slegs beeindig word deur n Algemene Vergadering.
9.5 Beskermhere sal geen stemreg he tydens enige Algemene Vergadering nie.
10. KLEURE EN EMBLEME.
10.1 KLEURE
10.1.1 Die kleure van AKSA sal wees, Donker Groen
10.1.2 Die kriteria vir toekenning van kleure word omskryf in die Regulasies.
10.1.3 Geskrewe magtiging vir aankope van klere moet deur die Uitvoerende Bestuur gegee word.
10.2 EMBLEME.
Die embleem van AKSA sal as volg wees:
Die onderskeidingsteken van Afrika met n korfbal bal en twee korfbal spelers wat die protea vashou.
10.3 Die kleure en embleem van die Nasionale Span sal wees soos voorgeskryf deur die Beheerliggaam van Sport in Suid-Afrika.
11. KEURKOMMITEES.
11.1 Keurkomitees word verkies vir n termyn van twee(2) jaar tydens die Algemene Jaarvergadering
by wyse van nominasie lyste soos voorgeskryf in die Regulasies.
11.2 Die sameroeper van elke keurkomitee word deur die Algemene Jaarvergadering aangewys.
11.3 Die keurkomitees sal onder die instruksies van die Uitvoerende Bestuur handel. Verkose spanne is onderhewig aan goedkeuring deur die Uitvoerende Bestuur.
GRONDWET
12. VERENIGINGS.
12. 1 Verenigings, soos geformuleer in klousule 3, verkies hul eie bestuur en is verantwoordelik
vir hul eie Grondwet. Die Grondwet mag egter nie in konflik wees met die Grondwet van
AKSA nie. Grondwette van Verenigings is onderhewig aan goedkeuring deur die Uitvoerende
Bestuur.
12.2 Verenigings moet n Jaarverslag na die Uitvoerende Bestuur deurgee vir voorlegging aan die
Algemene Jaarvergadering.
13. KOMITEES.
13.1 Komitees word saamgestel in ooreenstemming met die Regulasies.
13.2 Die komitees sal verantwoording op n gereelde basis aan die Uitvoerende Bestuur doen
aangaande hul werksaamhede.
14. APPéL RAAD.
14.1 SAMESTELLING.
Die samestelling van die Appél Raad sal as volg wees:
14.1.1 n Voorsitter waartoe beide partye toestem en verkies vanuit die beskermhere.
14.1.2 Twee lede waartoe beide partye toestem en verkies vanuit die beskermhere.
14.1.3 Elke partye wys sy eie verteeenwoordiger aan.
14.1.4 Indien die partye nie kan ooreenstem oor die samestelling nie sal al die lede van die Raad
van Beskerhere op die Appél Raad dien. n’ Voorsitter sal dan deur hulle aangewys word.
14.2 AKTIWITEITE.
14.2.1 Die Appél Raad moet:
14.2.1.1 Appélsake teen Uitvoerende Bestuurs besluite aanhoor.
14.2.1.2 Dispute aanhoor wat deur die Uivoerende Bestuur verwys word.
14.2.1.3 Dispute en klagtes teen lede van die Uitvoerende Bestuur aanhoor.
GRONDWET
14.2.1.4 Die beslissing van die Appél Raad is bindend en finaal.
15. DISPUUT OPLOSSING.
15.1 Enige dispute wat mag ontstaan uit of in verband met die afdwingbaarheid van die Grondwet,
Of die toepassing en interpretasie van die bepalings daarvan, of enige dispuut tussen enige lid
Van AKSA of tussen n lid en die Uitvoerende Bestuur of AKSA self, sal verwys word na die
"Arbitration Foundation of South Africa" (AFSA) vir oplossing deur mediasie of spoedige
arbitrasie in terme van die Reels en Prosedures vir die Beslegting van Verskille in Sport. In die
geval van arbitrasie, in bogenoemde gevalle, sal die beslissing finaal en bindend op alle partye
in dispuut wees.
16. ALGEMENE SAKE.
16.1 REGULASIES.
16.1.1 Die Uitvoerende Bestuur mag Regulasies uitvaardig, verander of herroep sou dit nie in konflik
Wees met die Grondwet nie.
16.1.2 Die uitgevaardigde of herroepte Regulasies sal bindend wees op alle lede totdat anders bepaal
Word deur die Algemene Vergadering.
16.2 ONTBINDING.
16.2.1 In geval van n geaffillieerde Provinsiale liggaam en of Vereniging besluit om werksaamhede te
Staak of te ontbind, sal alle bates soos trofee, gelde en boeke oorhandig word aan AKSA binne
Een en twintig (21) dae. Lede van die Uitvoerende Bestuur sal individueel of gesamentlik verantwoordelik gehou word.
16.2.2 Diesulke bates sal vir n tydperk van twee (2) jaar in veilige bewaring gehou word waarna die
Eienaarskap sal oorgaan na AKSA.
16.2.3 AKSA kan slegs ontbind word deur n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Jaarvergadering
met n vier-vyfde (4/5) meerderheids besluit.
16.2.4 Tydens likwidasie of ontbinding van AKSA sal alle oorblywende bates geskenk word aan n
liggaam wat dieselfde doel as AKSA het en wat vooraf bepaal is. N Interne komitee sal saam-
gestel word om die sake van AKSA af te handel.
GRONDWET
16.3 VERANDERINGE TOT DIE GRONDWET.
16.3.1 Die Grondwet kan slegs verander word tydens n Algemene Vergadering of deur n Spesiale
Algemene Vergadering byeengeroep vir die doeleindes.
16.3.2 Kennis van enige voorgestelde veranderinge, herroepings of byvoegings tot die Grondwet moet
Die Sekretaris Generaal ten minste een maand voor die beplande vergadering bereik, die
Sekretaris Generaal moet alle lede van die Algemene Vergadering dienooreenkomstig in kennis
Stel van die veranderinge.
16.3.3 Enige voorgestelde veranderinge, herroepings of byvoegings tot die Grondwet wat tydens n
Spesiale Algemene Vergadering staan gedoen te word moet aan die Sekretaris Generaal deur-
Gegee word, wat die vergadering moet bele binne twee en veertig (42) dae na ontvangs van die kennis.
16.3.4 Veranderinge, herroepings of byvoegings tot die Grondwet sal slegs wettig en bindend wees
indien twee derdes (2/3) van die aanwesige stemgeregtigdes daartoe stem.
_________________________________________
PRESIDENT
_________________________________________
SEKRETARIS GENERAAL
_________________________________________
DATUM